DOEL VAN DIE POSISIE: Die doel van die Personeelbestuurder is om die strategiese doelwitte van die maatskappy te help verwesenlik deur die menslike aspek daarvan te beheer. Die individu moet bydra tot die personeel se welsyn en algehele kultuur, maar ook bestuur bystaan om dissipline, reëls en wetgewing na te kom.
INTERNE SKAKELING Alle ander departemente
EKSTERNE SKAKELING: Departement van Arbeid
Aansoekers
Fasiliteerders van opleiding
CCMA
FINANSIËLE VERPLIGTING: Salaris rekeninge
Lone rekeninge
Uniform aankope en bestuur van klerebank
PERSONEELBESTUURDER
TAAK & RESULTAAT
. Strategiese bestuur Dien op die Manco (Bestuurskommittee)
Doen die nodige voorbereiding (i.e., aanbieding, opsomming, agenda) vir die vergadering
Hou die notule tydens die Manco vergaderings by en versprei na alle lede
Bied strategiese advies aan die Besturende Direkteur rakende personeel skuiwe, aanstellings, afleggings, afdankings ens.
Tree op as ‘n bestuurder in die maatskappy en hou die maatskappy se beste belang in ag
Tree op as ‘n maatskappy verteenwoordiger in die publiek
.
Personeel Bestuur Neem beheer van die werwing en keuring proses van die maatskappy
Stel advertensies op en reël vir plasing in die geval van ‘n vakante posisie
Stel seleksie kriteria’s op, kry CV’s in, reël onderhoude en fasiliteer onderhoude
Assisteer met die seleksie van geskikte kandidate en beheer volle aanstellingsproses
Neem beheer oor die induksie proses van die nuwe personeel
Rekordhouding van personeel dokumentasie en personeellêers
Sien om na personeel welsyn en algehele kultuur van die organisasie
Bied ‘n toeganklike area aan personeel vir klagtes, besorgdhede of kwessies
Ontwikkel ‘n prestasie / bonus skema
Implementeer en beheer die prestasiebestuur stelsel
Neem beheer rondom toegangsbeheer en kloksisteem
Opstel van prestasiebriewe, bevorderingsbriefie en enige addendums tot die permanente dienskontrakte
handhaaf “jare diens toekennings geleentheid” sisteem
jaareindfunskies reel
Wetlike nakoming Verseker dat die Wet op Basiese Diensvoorwaardes en Wet op Arbeidsverhoudinge ten alle tye nagekom word
Voorsien maatskappy van wettige kontrakte, reëls, beleide en prosedures
Hanteer die volle implementering en nakoming van EE (“Employment Equity”)
Bestuur die proses om ‘n BBBEE sertifikaat te verkry
Dien as kontak person vir alle menslike hulpbron oudits
Health & safety nakoming
Kommunikasie en rapportering Rapporteer maandeliks aan die Besturende Direkteur wat gedoen is m.b.t MH verwante kwessies
Stel ’n MH verslag op vir die bestuursvergaderings
Rapporteer maandeliks by die Manco m.b.t HR verwante sake
Gee deurlopende terugvoer rakende BEE, EE en Health & Safety
.
Opleiding & ontwikkeling Reël en organiseer vir nodige opleiding
Identifiseer nuwe geleenthede vir opleiding en behoeftes onder werknemers
Verseker dat die nodige dokumentasie in verband met die opleiding gedoen is
Bestuur kultuur en moral van personeel
Dissipline hantering Implementeer en handaaf ’n dissiplinêre kode
Uitskryf van verbale, skriftelike en finale waarskuwings
Opstel van kennisgewing van dissiplinêre verhoor
Dien as voorsitter in alle dissiplinêre verhore
Skryf ’n volledige notule van dissiplinêre verhoor, uitkomsdokument en kennisgewing van ontslag
Kommunikeer met die betrokke werknemer rakende uitkoms van dissiplinêre verhoor
Uniforms en merchandise Doen ’n voorraadopname van huidige uniforms, merchandise en veiligheidskoene
Bestel en organiseer die aankoop van veiligheidskoene een maal per jaar (Maart)
Bestel en organiseer die aankoop van uniforms en merchandise
KWALIFIKASIE BENODIG:
Enige tersiêre kwalifikasie in Menslike Hulpbron Bestuur
ERVARING
Ten minste 5 jaar ervaring as ‘n “HR Generalist” in die landbou of FMCG industrie.
PERSOONSPESIFIKASIES:
PERSOONLIKHEIDSEIENSKAPPE: Toeganklik en spontaan
Leierskapsvermoëns
Emosionele intelligensie
Simpaties
Hoë vlak van vertroulikheid
Strategiese denker
Geduldig
Goeie luisteraar
Taktvol en dinamies
VAARDIGHEDE: Goeie kommunikasie vaardighede
Hoë vlak van etiek
Goeie konflikhantering
Organisatoriese – en beplanningsvaardighede
Probleemoplossingsvaardighede
Besluitnemingsvermoëns
Goeie tydsbestuur
Interpersoonlike vaardighede