Kantoor Administrateur: Druiwe Uitvoer Plaas

Kantoor Administrateur: Druiwe Uitvoer Plaas

Location: Paarl
Package: Negotiable
Job Type: Permanent
Date: 30/11/2024
Category: Administrative – farm environment
Sector: Fruit exports and grape farming

Pligte

Lone
Administrasie van lone – 40 permanente werkers; 120tydelike werkers in seisoentyd
Administrasie van klokprogram / Farm Costing Solutions – invoer van ure op stelsel; kry voormanne om ure daagliks af te teken
Opstel van verslae

Personeel Administrasie
Opstel van kontrakte
Reel van komitee vergaderings
Notules hou by vergaderings
Reel van opleiding

Kwaliteitsisteme: Global GAP en SIZA
Rekordhouding van Global GAP en SIZA dokumentasiete – administratiewe koördinering van kwaliteitsversekeringstelsels en etiese handelsvoorwaardes
Voorbereiding vir jaarlikse oudits
Sorg vir netheid van oudit leers.
Hulp verleen met opleiding op SIZA beleide en rekordhouding metrodes
Kontroleer werkers mbv kontrole lyste
Hou wingerdinligting op datum en reël jaarliks vir die bestelling van nuwe wingerd stokkies
Voorraadtellings en rekonsiliasies

Pakhuispligte
Druk etikette vir uitvoere betyds en korrek uit (maak seker dat die etikette voldoen aan die vereistes van die spesifieke land waarna uitgevoer word)
Skakel met PPECB inspekteurs en maak seker dat alle dokumentasie korrek is
Hou akkuraat rekord van pallet kodes, gewigte en vragbriewe; hierdie inligting word op ‘n “tracking” stelsel ingevoer

Basiese Finansiële Kontrole
Skakel met die vrugte uitvoerders om betalings te kontroleer
Hou eienaar van besigheid op hoogter van kostes
Gee gemiddelde syfers deur aan eienaar – kontrolerende funksie
Hou eienaar op hoogte van die pryse vir verskillende kultivars en markte in alle dele van die wereld
Doen basiese randwaarde berekenings
Identifiseer afwykings
Krediteure kontrole – basiese rekons

Kantoor
Netheid van kantoor
Algemene liassering en rekenaarwerk
Hernuwing van lisensies vir voertuie en reël van padwaardigheid
Bestelling van skryfbehoeftes
Hou noodhulpkissies en ook brandblussers op datum –reel jaarlikse dienste van brandblussers
Reël jaar-eind funksie
Bestelling van pakhuisvoorrade en werker uniforms

Vereistes

Minimum matriek – relevante tersiêre kwalifikasie voordelig
Relevante HR, lone, kantoorbestuur of landbouervaring voordelig
Vorige ervaring op ‘n plaas sal ‘n pluspunt wees
Die nodige integriteit om konfidensionele inligting te hanteer
Bereidwilligheid om oor Desember vakansies te werk wanneer die plaas voorberei vir die seisoen
Tydens paktyd (1 Feb – 15 Maart) van 7 tot 7 kan werk (buite seisoen is die werksure van 8 tot 4 van Maandag tot Vrydag)
Kennis van Global GAP en SIZA voordelig
Belangstelling in boerdery en kwaliteitstelsels noodsaaklik
Sterk administratiewe vaardighede
Goeie syfer aanleg en die vermoë om akkuraat en stelselmatig te werk
Moet voorskrifte en prosedures kan volg
Vermoë om lone akkuraat te verwerk
Sterk opvolgvaardighede – vermoë om plaaswerkers en voormanne se SIZA en Global GAP dokumentasie te monitor
Sterk persoonlikheid – assertief
Goeie kommunikasie vaardighede – vermoë om met wye verskeidenheid van mense te kommunikeer (PPECB inspekteurs,landboumiddel verteenwoordigers, plaaswerkers, pakhuispersoneel, ouditeure; vrugte uitvoer maatskappye ens.)
Uitstekende rekenaar kennis (MS Office, Paltrack; Farm Costing Solutions; CREST)
Professionele optrede en voorkoms noodsaaklik

Apply for Job

Please attached a detailed CV(in Word format), including:
  • a photo of yourself
  • your current CTC salary package
  • your expected CTC salary package
  • reasons for leaving
  • and a list of references
Menu
Contact Us